Britse en Amerikaanse maateenhede

38 Myl per uur spoedgrens teken in Windsor Great Park, Verenigde Koninkryk

Die Britse en Amerikaanse maateenhede kom van dieselfde oorsprong, die Engelse maateenhede van voor-1824. Toe Skotland en Engeland in 1707 met mekaar verbind is, moes die Skotte die Engelse maateenheidsisteem aanvaar.[1]:132 In 1776, toe die Verenigde State onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verklaar het, het hulle die Engelse maateenheidstelsel geërf. In 1824 is die Engelse maateenheidstelsel hersien, en is as Imperial units bekend. Aanvanklik het die Verenigde State van Amerika nie die Verenigde Koninkryk gevolg nie, met die gevolg dat die VSA-gelling en die Imperiale gelling met sowat 20% verskil.

Toe die verskeie provinsies van Suid-Afrika nog Britse kolonies was, het hulle ook the Imperial System gebruik. Daar was enkele uitsonderings, waarvan die belangrikste was dat al die provinsies in die Unie van Suid-Afrika, afgesien van Natal, die morg gebruik het en nie die akker as 'n eenheid van grondgebied nie.

In 1965 begin die Verenigde Koninkryk 'n omskakeling na die metrieke stelsel, maar teen 2018 is is die omskakeling nog nie voltooi nie, en gee padtekens afstande in myl en spoedbeperkings is in myl per uur.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named McGreevy

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy